Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS – SONDAG 14 Maart 2010

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Oudio is ook beskikbaar via die web by www.sarl.org.za. Klik op ‘ARMI’ en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio via Echolink, koppel met ZSOJPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 10,130, 7,066 en 3,695 MHz ESB.(Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

In die nuus vandag:

WYSIGINGS AAN RADIOREGULASIES

SARL SE NASIONALE KONVENSIE

2010 SA AMSAT RUIMTESIMPOSIUM

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede en ander belangrike en interessante nuusitems.

WYSIGINGS AAN RADIOREGULASIES

Dit blyk dat OKOSA gereed is om die konsepradioregulasies in die Staatskoerant te publiseer, dit kan selfs vroeg volgende week wees.

Sodra die SARL ’n kopie daarvan ontvang het, sal dit op die SARL se webblad www.sarl.org.za geplaas word. OKOSA sal publieke kommentaar aanvra wat oorweeg sal word voor finalisering van die regulasies.

Die Raad van die SARL sal die konsepregulasies bestudeer en, indien nodig, ’n geleentheid soek om sy sienswyse tydens ’n publieke vergadering voor te lê. ’n Presidentsnet sal gereël word ten einde so veel moontlik insette daaroor te verkry, wat dan aan OKOSA voorgelê sal word.

Alhoewel die SARL versoek het dat die organisasie die geleentheid gegun word om aan die konsep insette te lewer, het die OKOSA-raadslid wat getaak is om die verouderde regulasies te herskryf, het hy gereël dat die regte tyd om insette te lewer is nadat die konsepregulasies gepubliseer is.

SARL SE NASIONALE KONVENSIE – DIT IS NOU TYD VIR AKSIE

Die SARL se Nasionale Konvensie sal in Port Elizabeth plaasvind waar die Port Elizabeth Amateurradiovereniging (PEARS) gedurende 23 - 25 April die gasheer sal wees.

Die Algemene Jaarvergadering sal op Saterdag 24 April deel van die Nasionale Konvensie uitmaak. Die volle program is beskikbaar by www.sarl.org.za. Bespreek nou!

Die agenda vir die AJV, notule en finansiële dokumente is beskikbaar vir aflaai vanaf die webwerf. Een van die belangrike items op die agenda is die gewysigde en opgedateerde grondwet. Lede word aangemoedig om dit versigtig te bestudeer aangesien daaroor gestem moet word by die AJV. Die omvang van die grondwet verander nie, dit is slegs opgedateer om hedendaagse praktyke, soos byv. e-pos in te sluit.

Indien u nie die AJV en Nasionale Konvensie kan bywoon nie, (dit sal ’n groot jammerte wees) benoem asb. ’n gevolmagtigde om namens u te stem. Dit is belangrik dat u so ’n persoon goed inlig aangaande u sienswyse. U moet egter volle vertroue hê in die persoon wat u magtig en hom inlig dat hy in elk geval moet stem vir wat in die beste belang van die organisasie en die SARL is

NZ AMATEURS TYDELIK TOEGANG TOT 600 METER VERLEEN

Gebaseer op ’n versoek ingedien deur die New Zealand Association of Radio Transmitters, het die land se telekommunikasie reguleerder ingestem om aan Nieu Zeeland se amateurs tydelike toegang tot ’n gedeelte van die 600 m spektrum te verleen.

Met ingang 1 Maart is 505 tot 515 kHz op ’n tydelike basis aan hulle toegeken hangende ’n internasionale toekenning aan radioamateurs en sluit dit ’n aantal beperkings in. Maksimum effektiewe uitgestraalde krag mag nie 25 W oorskry nie en die maksimum bandwydte is beperk tot 200 Hz.

In ander dele van die wêreld waar radioamateurs hierdie band mag gebruik, is hierdie frekwensies, of mag hulle, toegeken word vir gebruik deur ander dienste. Amateurs moet dus steurnisse deur hierdie dienste aanvaar en moet ook nie hierdie dienste steur nie.

Op die internasionale terrein gaan werk voort om wêreldwye toekenning deur die Internasionale Amateurradiounie te verkry. Indien en wanneer dit goedgekeur word, is dit moontlik dat die Nieu Zeeland amateurs ’n permanente toekenning in die 600 m-gebied toegeken sal word.

REGISTREER NOU VIR DIE 2010 SA AMSAT RUIMTESIMPOSIUM

Registrasie vir die 2010 SA AMSAT ruimtesimposium is nou oop. Die simposium sal op 17 April by die Universiteit van of KwaZulu-Natal gehou word. Vroeë besprekers sal ’n aansienlike afslag geniet. Besoek www.amsat.org.za vir besonderhede en en ’n registrasievorm. Die simposium sal geopen word deur Dr. Phil Mjwara, Direkteur-Generaal van die Departement van Wetenskap en Tegnologie en sal gevolg word deur ’n ry van interessante sprekers en onderwerpe. Dit is die tipe konferensie wat u nie kan bekostig om mis te loop nie.

Bona fide studente en leerlinge word uitgenooi om vir kostelose registrasie aansoek te doen wat moontlik gemaak is deur ’n skenking van die Departement van Wetenskap en Tegnologie deur die FRD (Foundation for Research and Development) en UKZN.

SARL-BESPREKINGSFORUM

Die SARL se besprekingsforum sal in die toekoms net beskikbaar wees vir geregistreerde gebruikers van die forum. Maak seker dat u "cookies" aangeskakel is, dan sal die forum u rekenaar herken en u tot die forum toelaat. Enigiemand kan as lid van die SARL se besprekingsforum registreer. Kontak gerus vir Gerhard, ZS3TG, op 082 576 6296 indien daar enige vrae is.


VERANDERING AAN REËLS VIR DIE WAZS-PROGRAM

Die opeenvolgende numeringstelsel van sertifikate dien ’n belangrike funksie aangesien dit aandui wie eerste, tweede ens. is om ’n sekere vlak van prestasie te behaal, maar tans dien dit nie meer die doel nie aangesien ’n vloed van versoeke instroom vir sinnelose endossemente.

’n Wysiging is aan die reëls aangebring en die sin "Specific mode and/or band endorsements can be requested" is verander na "Specific mode or band endorsements can be requested".

In werklikheid beteken dit dat aansoeke vir WAZS ESB, WAZS GG, WAZS Gemeng of WAZS 7 MHz ens. op verskillende vlakke soos aanvaar sal word maar endossemente soos 7 MHz GG or 7 MHz ESB nie meer gedoen sal word nie.

Tjerk ZS6P, die SARL se toekenningsbestuurder bedank almal vir die uitmuntende ondersteuning wat gewy word aan die WAZS-program.

HAMNET WES-KAAP

Hamnet Wes Kaap het aangekondig dat hulle Paul van Spronson, ZS1PVS, aangestel het as nuwe Provinsiale Direkteur vir die Wes-Kaap.

Paul het oorgeneem van Bruce Robinson ZS1FX wat na ʼn paar jaar van harde werk en die uitbouing van Hamnet in die Wes Kaap aangedui het dat hy graag die tuig wil neerlê. Hy sal wel aanbly as verteenwoordiger by die Maritieme Reddings Koördinasie Komitee sowel as die sokker wêreld beker later die jaar.

As gevolg van werksomstandighede het Bruce gevoel dit is tyd om nuwe bloed end gedagtes in die bestuur van Hamnet in die Wes Kaap oor te gee aan ʼn nuwe leier en Paul het reeds aangedui dat hy ʼn paar nuwe planne in gedagte het.

Ons bedank Bruce vir sy toewyding oor die jare en verwelkom Paul as die nuwe leier van Hamnet in die Wes Kaap

Paul neem oor van Bruce Robinson, ZS1FX, wat ’n uitstekende taak verrig het met die bou en uitbreiding van Hamnetaktiwiteite in die Wes-Kaap. Bruce bly aan as Hamnetverteenwoordiger op die Maritieme Reddingsko-ordineringsentrum sowel as vir die sokkerwêreldbeker later vanjaar.

Bruce het ’n hoë werklading en hy het gevoel dat dit ’n goeie idee is om nuwe idees in die bedryf van Hamnet in te voer en Hamnet verwelkom Paul wat alreeds aangedui het dat hy planne het om veranderings te weeg te bring.

Baie dankie Bruce vir alles wat jy gedoen het, dit word hoog op prys gestel.

Luisteraars word landwyd daaraan herinner dat Hamnet Wes-Kaap se bulletin elke Woensdagaand om 20:30 SAT op 145,700 kHz uitgesaai en op 3 760 kHz herlei word. Die bulletin bestaan hoofsaaklik uit items wat betrekking het op noodkommunikasie en in die besonder van belang vir die Wes-Kaap, maar daar mag items wees wat vir jou interessant mag wees. Die redaksie verwelkom bydraes wat vir almal nuttig mag wees. Stuur sulke items aan Dave na zs1dfr@telkomsa.net. Inroepe op 3 760 begin om ongeveer 20:30 SAT en word hanteer deur David, ZS1DDK, wat ook die herleiding behartig. Hy verwelkom seinrapporte, selfs indien u nie kan inroep nie of nie gehoor kan word nie.

KOMPETISIENUUS

Die BHF/UHF digitale kompetisie word in twee sessies aangebied. Die eerste sessie begin om 16:00 UTC op Vrydag 19 Maart en eindig om 12:59 UTC op Saterdag 20 Maart; die tweede sessie begin 13:00 UTC op Saterdag 20 Maart en eindig om 12:00 UTC op Sondag 21 Maart.

Die BHF/UHF analoogkompetisie vind plaas vanaf 10:00 UTC op Saterdag 20 Maart tot 10:00 UTC Sondag 21 Maart.

Die volgende frekwensies mag gebruik word - 50 tot 51,5 MHz; 70 tot 70,300 MHz; 144 tot 145,55 MHz; 432 tot 433,6 MHz; 1 296 tot 1 296,5 MHz en die hoër frekwensies soos deur die bandplan bepaal. Lees die volledige reëls vir beide kompetisies in die 2010 SARL Kompetisie-handboek.

PEARS BHF/UHF-KOMPETISIE.

Die uitslae van die 2010 PEARS Nasionale BHF/UHF-kompetisie, wat in Januarie 2010 gehou is, is bekend gemaak. Soos gewoonlik was daar baie aktiwiteit in die Suid- en Oos-Kaap gewees en dit was goed om te sien dat aktiwiteit in die ander provinsies toeneem.

Wenners van die analoogkompetisie:

Enkeloperateur, Basisstasie.
6 m Eric Hosten, ZS2ECH
4 m Ken Victor, ZS2OC
2 m Johan van Aarde, ZS2I
70 cm Andre Botes, ZS2ACP.

Enkeloperateur, Veldstasie.
6 m Terence van der Linden, ZS2VDL
4 m Al Akers, ZS2U
2 m Terence van der Linden, ZS2VDL
70 cm Terence van der Linden, ZS2VDL, en Allan Bowles, ZS2BO.

Multi-operateur, Veldstasie.
6, 4 en 2 meter en 70 cm klasse gewen deur Andrew Prideaux, ZS2PA.

Beperkte kategorie.
6 en 2 meter en 70 cm klasse gewen deur Alexandros Gogos, ZR2T

Wenners van die digitale kompetisie:

Enkeloperateur, Basisstasie
6 m Andre Botes, ZS2ACP
4 m Andre Botes, ZS2ACP, en Willem Badenhorst, ZS6WAB
2 m Derek Gravett, ZS5Y
70 cm Derek Gravett, ZS5Y, en Glenn Kraut, ZS2GK.

Baie geluk aan al die wenners, die volledige uitslae is beskikbaar op die PEARS-webwerf.


HABEX 2010

Die “Altitude Balloon Experiment 2010”, ook HABEX genoem, word aangebied deur die Sci Bon Ontdekkingsentrum.

Die projek mik daarna om ’n aantal balonne, waarvan die loonvragte skoliere gebou word, na groot hoogtes te stuur.

Tien skole in Gauteng neem deel en radioamateurs wat omgee vir opleiding en die stokperdjie wil ontwikkel, word benodig om die spanne by te staan en in gereedheid te kom.

Radioamateurs wat gewillig is, sal in pare aan ’n skoolspan toegewys word en moet hulp aan die span verleen gedurende voorbereiding sowel as tydens die lansering. Radioklubs word ook uitgenooi om by skole behulpsaam te wees.

’n Inligtingsvergaderung is geskeduleer vir 09:00 op 20 Maart 2010 by die Sci Bono Sentrum. Stuur asb. u voertuig se registrasienommer en u roepsein per SMS na 083 543 5668 ten einde parkering in die kelder te reserveer.

Sci Bono is geleë in Mirriam Makebastraat oorkant die Markteater, Johannesburg.

KLUBNUUS

Die Garden Route Radioklub se 40 meter baken, ZS1AGI/B, naby George, is weer op die lug op 7,025 MHz. teen 200 mW. Die baken is van groot nut om te bepaal of die band oop is na die Suid-Kaap. Ontvangsrapporte sal waardeer word. Gebruik die e-posadres vir ZS1GRC wat op die SARL se webwerf verskyn.

Die Oakdale Amateurradioklub, Bellville (ZS1OAK) het onlangs sy 2010 AJV gehad.

Die volgende lede is tot die komitee verkies:
Fred Scheepers - ZS1FCS - Voorsitter
Graham Butler - ZS1GVB - Ondervoorsitter, Sosiale geleentheidbestuurder
Dave Perry - ZS1SG – Bestuurder radiokamer, Tegniese adviseur.
Gerald Menesis - ZS1GRM - Bestuurder vuurtoringstasies
Herby Evans - ZR1ABV - Verversingsbestuurder
Dirk van der Berg - ZS1VDB - Bestuurder veldstasies, QSL-bestuurder en SARL PIO
Dirk Du Plessis - ZS1DDP - Tesourier
Sean White - ZS1BSD - Notulesekretaris, opleiding
Aanstelling: Deon Coetzee - ZR1DE - Redakteur Acorn Times.

HF-HAPPENINGS NUUSBRIEF

HF Happenings is 'n gratis weeklikse nuusbrief met kompetisienuus, DX-nuus uit Afrika en ander sake van HF-belang. Die nuusbrief in PDF-formaat is beskikbaar via e-pos. Om 'n kopie van HF Happenings te kry of om op die e-poslys geplaas te word, stuur 'n versoek per e-pos aan zs4bs@netactive.co.za.

HF-VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die sonaktiwiteitsvlak steeds laag is. Tans is daar twee sonvlekke sigbaar op die oppervlakte van die son wat van die aarde af sigbaar is. Die voorspelde effektiewe sonvlektelling vir die week sal minder as 20 wees.

20 en 15 m is die beste keuses vir DX. Gedurende die middae gaan die toestande na Indië goed wees. Gedurende laatmiddae en die aande gaan toestande na Europa goed wees. Kontakte met Australië gaan uitdagend wees. Gedurende die middae is daar 'n goeie kans vir 15 m-kontakte met die VSA. Smiddags en vroegaande gaan toestande op 15 en 20 m na Brasilië goed wees.

Plaaslike toestande gaan gedurende die dag op 40 m goed wees. 80 m behoort gedurende vroegoggend en laatmiddag goeie resultate oor die korter afstande te lewer. 30 m sal gedurende die middel van die dag goeie resultate lewer. 20 m het weer van sy glorie herwin en daar kan gedurende daglig goeie kontakte oor die langer afstande gemaak word.

Saans is 80 m die beste keuse.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

13/14 Maart – RSGB Gemenebes GG-alleen kompetisie.
19/21 Maart - SARL BHF/UHF Digitale kompetisie.
20/21 Maart - SARL BHF/UHF Analoogkompetisie.
20 Maart – HABEX-inligtingsvergadering om o9:00 by die Sci Bono Sentrum.
27 Maart - Snuffelmark van die Pretoria Amateurradioklub om 08:00.
31 Maart – SARL-80 m-klubkompetisie met PSK en RTD.
31 Maart – Sluitingsdatum vir stadium 1 van konstruksiekompetisie.
17 April – 2010- SA AMSAT-ruimtesimposium.
23-25 April – SARL -Nasionale Konvensie, Port Elizabeth.
7 Mei - Sluitingsdatum vir stadium 2 van konstruksiekompetisie.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars deur te stuur. Stuur dit indien moontlik in beide Engels en Afrikaans, na www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later as die Donderdag voor uitsending nie.

SARL nooi u ook om te luister na die program Amateur Radio Mirror International wat om 10:00 SAT op 145,750 in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 860 kHz. Daar is ook 'n potgooi-uitsending waarna geluister kan word. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op “ARMI” en volg die skakels. ‘n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na ‘n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur George, ZS6NE, saamgestel en geredigeer is.

Dankie dat u saamgeluister het.
/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003